|
Korporatiewe Maatskaplike Betrokkenheid |
|
In die streke waar GoReefers werksaam is, is hulle betrokke by projekte om mense in minderbevoorregte posisies te help.
Sodra GoReefers ’n behoefte geïdentifiseer het waarby hulle betrokke kan raak, neem hulle dit ter harte en maak werk van die saak.
GoReefers is baie trots hierop en werp alles in die stryd om hierdie mense se lewenstyl te verbeter en ’n soliede grondslag te lê waarop hulle kan voortbou om hulself te help.
Hier volg sommige van die inisiatiewe waarby ons betrokke is: - Ikhaya le Theba – Tuisgebaseerde sorg
- Kos vir skole
- Hut tot skuiling
- Aussenkehr-weeshuis
|