Wat doen ons?

Uitvoerkliënte kan hul volle logistiek aan GoReefers uitkontrakteer in die wete dat hierdie belangrike aspek in goeie hande is. Die maatskappy se eenstop- logistieke diens is egter buigbaar en ons sal die spektrum van ons diens pasmaak om in jou spesifieke behoeftes te voorsien.

GoReefers neem kritieke massa in ag gedurende die koue kettingproses om te verseker dat die gemiddelde koste van die gelewerde produk mededingend is.

  • Koste word aangepas volgens die spesifieke diens wat die kliënt vereis en word gebaseer op die aanvaarde standaardtariewe vir die dienste wat jy kies. Jy baat dus direk en ten volle by die spesiale tariewe wat ons met ons verskaffers beding.

Beplanning
Akkurate beplanning is noodsaaklik vir die suksesvolle uitvoer van vrugte, met voortdurende bestuur van die koue ketting, vanaf die pakhuis tot by die mark. GoReefers bied jou die beste logistieke oplossingspakket om na jou vars produkte om te sien, en sluit die volgende in:

  • Voorraadbestuur
  • Binnelandse vervoer
  • Berging
  • Eindstasies
  • Vragspesifikasies
  • Kaaibedrywighede
  • Lugvrag
  • Seevrag (insluitende huur-, houer- en konvensionele skepe)

Onderhandelbaarheid
Die groot volumes wat GoReefers hanteer, plaas ons in die bevoorregte posisie om regdeur die logistieke ketting gunstige tariewe vir ons kliënte te beding. Sodoende geniet ons kliënte ’n beduidende voordeel ten opsigte van die koste vir die afgelewerde produk.

  • GoReefers kies die beste diensverskaffers vir hierdie doel, om te verseker dat die vrugte hul bestemming so vinnig en doeltreffend moontlik bereik.

GoReefers Suider-Afrika huur ook skepe. Ons bied klein- tot mediumuitvoerders ’n alternatief tot vaste lynskipdiens, teen mededingende tariewe en beter marktoegang.

Ondersteuning
Daar is oral slaggate as dit kom by die uitvoer van vrugte, veral vir diegene wat nie vertroud daarmee is nie. GoReefers beskik oor die ervaring en kennis om te verseker dat jy ’n sukses van jou besigheid kan maak.

Ons bied die volgende ondersteuningsdienste:

  • Mededingende tariewe
  • Statusverslaggewing
  • Hanteringsprotokolle
  • Hanteergereedskap
  • Gehaltebeheer
  • Verpakking
  • Markinligting
  • Bystand vir eise
  • Seevrag-onderhandelings
  • Kapasiteitsbeplanning
  • Huur van skepe

Monitering
Selfs die noukeurigste beplanning is nie ’n waarborg vir sukses nie. Dit is ewe belangrik om te verseker dat alles uitgevoer word soos beplan. Ons monitor die koue ketting deurgaans en verseker dat die hanteringsprotokolle vir vrugte by stoorplekke nagekom word. Verder verleen ons bystand met die laai van houer- en koelskepe om te verseker dat dit volgens die spesifikasies geskied.

GoReefers monitor die volgende:

  • Pakhuise
  • Koelkamers
  • Eindstasies
  • Voorraad
  • Protokolnakoming
  • Laaiproses
  • Kaaibedrywighede

Vervoerbestuur
Vervoer is die kern van vrugtelogistiek. GoReefers kan binnelandse vervoer (pad of spoor), seevrag (huur-, houer- en konvensionele vaartuie) en lugvrag bestuur.

Koelbewaringsbestuur
As gevolg van die feit dat vrugte besonder seisoengebonde is, vind maatskappye dit dikwels onmoontlik om voltydse personeel vir die bedryf van koelkamers in diens te hou. GoReefers kan ’n span mobiele deskundiges inbring om jou koelkamer op ’n kontraktuele grondslag te bestuur. Dit besnoei nie alleen koste nie, maar verseker ook dat jy nie aan die begin van elke seisoen opnuut hoef te begin om werkers op te lei nie.

Klarings en versending
Geen taak is afgehandel voordat die nodige papierwerk gedoen is nie. Dit is veral noodsaaklik in die uitvoer van vars produkte waar die verkeerde of onvolledige uitvoerdokumentasie tot vertragings met uiters duur implikasies kan lei.

GoReefers bied jou gemoedsrus as deel van die kontrak. Hoogs gespesialiseerde en ervare personeel hanteer die klarings- en versendingsvereistes vir vrugte-uitvoer, insluitende uitvoerdokumentasie, na alle tradisionele markte vir Suid-Afrikaanse vrugte. Ons bly ook op hoogte van die dokumentasievereistes vir nuwe markte en bied klarings- en versendingsdienste na alle protokolmarkte.

Spesiale projekte
Ons gaan uit ons pad uit vir ons kliënte, en waar nodig sal ons buite die normale omvang van ons besigheid tree om in kliënte se spesiale behoeftes te voorsien.