|
GoReefers, die markleiers in vrugtelogistiek, voorsien uitvoerders van ’n allesomvattende diens wat regoor die voorraadketting strek. Sodoende word verseker dat ons kliënte se vars produkte hul bestemming in topkondisie bereik. GoReefers is in 2000 gestig, na afloop van die deregulering van die streng beheerde Suid-Afrikaanse vrugtebedryf, en ons was die eerstes om die behoefte vir ’n allesomvattende logistieke diens vir uitvoerders raak te sien. Dié konsep het onmiddellik vrugte afgewerp en die besigheid het kort voor lank ’n puik reputasie vir diensvoortreflikheid geniet. GoReefers lewer tans dienste vir uitvoerders van alle groottes in Suider-Afrika se groot hawens: Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Maputo en Namibië. Markleiers GoReefers, die eerste toegewyde logistieke diensverskaffer in die Suid-Afrikaanse uitvoermark vir vrugte, het baanbrekerswerk verrig in die verbetering van diensdoeltreffendheid. Die maatskappykultuur is geskoei op vernuwende denke, goeie idees en ’n sterk werksetiek. Ons diensrekord spreek vir sigself! GoReefers Suider-Afrika is verbind tot kliëntetevredenheid en volgehoue verbetering. Ons bly persoonlik betrokke regdeur die logistieke ketting om te verseker dat daar aan jou behoeftes voldoen word. ’n Span deskundiges Ons ervare personeel is ten volle vertroud met die toedrag van sake in die vrugtebedryf. Hul diepgewortelde kennis, wat strek oor die volle spektrum van die maatskappy, verseker hoë vlakke van vakmanskap wanneer jou behoeftes in oënskou geneem word en oplossings daarvoor gebied word. Ons belê om te verbeter Daar waar die koelbewaringsinfrastruktuur nie na wense was nie, het GoReefers self ingespring. Kyk byvoorbeeld na Durban in die sitrus-hoogseisoen, wanneer reuse-volumes vir uitvoer na die hawe gebring word en daar bitter min ekstra ruimte is. Enige skeepsvertragings vererger dié tekort aan stoorplek, wat uiteindelik die hele bedryf affekteer. Om hierdie uitdaging te oorkom, het GoReefers die moed aan die dag gelê om in hul eie verkoelingsgeriewe in Durban te belê met genoeg plek vir 9000 palette om in hul kliënte se belange te voorsien. Dis die bewys dat GoReefers die ekstra myl loop om te verseker dat daar so goed moontlik na hul kliënte se behoeftes omgesien word.
|